Vandag word “val in die Gees” as die algemene aanduiding van die Gees se teenwoordigheid met krag beskryf en dit word as die bewys gegee dat jy die salwing ontvang het. Is daar skrif in die Bybel vir hierdie ervaring? Of werk God buite die Woord?
“Val in die Gees” was algemeen bekend in die vroeë Amerikaanse Metodisme, veral by kamp byeenkomste en liefdes feeste. Hierdie verskynsel word ook na verwys as “om te val onder die krag van die Gees”, “om te val voor die Here” of “om te rus in die Here”.
Op geleenthede waar handoplegging beoefen word, kom kerklidmate of besoekers na vore op ‘n uitnodiging om ‘n salwing te ontvang. Daar word gebid vir deelnemers en hande opgelê deur die geestelike leier of leiers, waar dan die Heilige Gees oor hulle kom en hulle omval, gewoonlik agteroor. Meeste van die tyd word die val gebreek deur iemand wat hulle vang (catchers), om beserings te voorkom.
Baie Christene wat dit ervaar glo dat hulle genees is of ‘n spesiale seën van God ontvang het. Sommige sê dat hulle ‘n visie ontvang het of God se stem gehoor het.
Toe die Heilige Gees op Jesus neergedaal het soos ‘n duif nadat Johannes Hom gedoop het, het Hy nie in mekaar gesak of omgeval nie. Jesus het krag gehad om selfs die ergste siektes, blindes en verlamdes te genees, en nêrens sal jy vind dat enigiemand van daardie persone wat Jesus aangeraak het, omgeval het nie.
Ons vind dit ook nie by Petrus of Johannes dat hulle mense aangeraak en hulle omgeval het nie. Hulle het nie ander dissipels gevra om agter die mense te gaan staan wanneer hulle mense hande op gelê het, om hulle te vang nie. Ons lees nêrens in die Nuwe Testament waar mense in ‘n ry gaan staan het om die salwing te ontvang nie. Nêrens sien ons die Apostels rond hardloop en mense op die voorkop slaan, of hulle in ‘n lyn laat staan om “om te val” nie.
Geen sagte musiek of repiterende liedere word gesing om ‘n atmosfeer te skep vir die salwing om te val nie. Hulle het nie herhaaldelik uitgeroep, “Vuur!” of “Ontvang” of “Meer, Here!” nie. Waar kom dit alles dan vandaan?
Diegene wat hierdie ervaring voorstaan moet mooi gaan dink oor dit wat hulle aan die Heilige Gees toeskryf. Daar is geen Bybelse voorbeeld vir “val in die Gees” soos ons dit vandag sien gebeur nie.
Kom praat saam!
Friday, November 28, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Ek stem met jul saam....die Gees van God is sagmoedig en sal nie mense teen die grond gooi nie! Die agteroorvallery en siek uitdrukking in die gesig daarna, spreek beslis nie van God se gees nie! Hierdie gevalleery is eerder die werk vam duiwels wat padgee! of dis die tekens van die satan soos in Openbaring 13:13 beskryf! Vreemde vuur uit die hemel wat die mense soos die inwoners van Babel laat babbel!
Goeie dag
Ek stem glad nie saam met julle nie, die bybel se wel die verbogenheid is bedek vir die wat verlore gaan, wat is die verborgenheid. Ek het tot bekering gekom 2014 en die heilige gees het my so bewus gemaak binne n paar munite van my sondige lewe en wat fout is in my lewe, ek het soos n sak patats in my kamer op my kniee gaan neer sak en huil voor die Here, gebid en gesoebat en gesmeek en gevra Here vergewe my, Laat ek julle se moenie uitlatings maak wat julle niks van weet nie, God se Gees is so sterk geen mens kan staande bly voor die Gees van God nie, en om n uitlating te maak om te se dis duiwels gaan vra God om julle te vergewe, ek het ook gedink dis iets anders en het dit nooit geglo nie, maar om vining in n gebed in te spring en te dink God gaan luister is nie waar nie, jy as n mens moet God se Gees in nooi, soos in die bybel staan daar hy klop en klop en dis jou as mens se keuse of jy gaan oopmaak, hou op met julle tradisie en besef hoe grrot die heerlikheid van God werklik is geen maar geen mens kan staan voor die heerlikheid van God nie, ek het ook geval in die Gees en het dit nooit geglo nie altyd gedink die mense maak n show, nooi die heerlikheid van God in dan sal jy ook val voor God
Post a Comment