Daar is twee hoofstrome van denke oor die onderwerp van saligheid. Aan die een kant, “Ewige sekuriteit” en aan die ander kant “Voorwaardelike saligheid”. Of ek is “eenkeer gered, altyd gered”, of ek kan my saligheid verloor deur sonde, of om my rug op God te draai.
Beide groepe maak daarop aanspraak dat hulle sieninge deur die Bybel geleer en ondersteun word. Ons weet egter dat die Bybel nie teenstrydighede kan verkondig nie. Beide groepe kan nie reg wees nie. Een van die twee groepe is verkeerd.
Om uit te vind wat die waarheid is, moet ons vergeet wat mense sê en fokus op dit wat die Bybel sê. Jesus is die Outeur van Saligheid.
Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, NOOIT UITWERP NIE.
Joh 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan NIE SAL VERLOOR NIE, maar dit opwek in die laaste dag.
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal NOOIT VERLORE GAAN tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
Die Bybel kan homself nie weerspreek nie. Dit is die mens wat die Bybel verkeerd interpreteer. Alle gedeeltes in die Bybel moet harmoniseer met mekaar. Die vraag is: hoe harmoniseer "voorwaardelike saligheid" met die bogenoemde skrifgedeeltes:
KOM ONS PRAAT SAAM!
Monday, June 9, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
9 comments:
Rudi, ek dink, God gee en die vraag is dus; Het ek geneem? Wanneer iemand my iets gee, neem ek dit met my hande. Wanneer God my die ewige lewe of saligeid gee, neem ek dit in my handelinge.
Wat God my gee, moet ek behou, en dit is net moontlik, volgens Sy voorskrifte. Dit is "Ewige Sekuriteit".
Wollie
Hoe verstaan jy Ef 2:8-9 wat se ons is uit genade gered deur die geloof en nie uit onsself nie, nie uit die werke nie.
Om te se dat ek iets gedoen het om saligheid te verkry, het ek dit dan nie ontvang uit genade nie.
My interpretasie is dat geloof is nie 'n werk nie, maar produseer werke, soos Jakobus ook die onderskeid tref.
Hierdie geloof wat red kom van God af.
Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Hoe word ek gered, deur my werke of deur geloof?
Hand 16:30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
Hand 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Of ek glo die waarheid wanneer ek die kennis van die waarheid ontvang, of ek verwerp dit. Daar is geen werke betrokke nie.
As ek die ewige lewe ontvang en dit weer verloor, dan was hierdie lewe wat ek ontvang het tog nie ewig nie. Dit is logies.
Rudie; Jak. 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
Daar moet dus werke wees.
Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
Ek moet my dus diensbaar stel tot Sy Gees.
Die genade waardeur ek gered kan word is dus;
Efes. 4:7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
'n Mate van die gawe van Christus ('n Genadegawe)
Ons kan dus nie deur ons eie werke gered word nie, maar wel deur Sy Gees, wat deur ons werk (m.a.w. deur Sy werke).
'n Mens moet seker deel word van die liggaam van Christus, om aan Sy genade te deel, wat 'n mate van die gawe van Christus is.
Let op! Jak 2:26 se geloof sonder werke...maw geloof wat nie werke produseer nie, is nie ware geloof nie. Ware geloof bring werke, maar is nie 'n werk nie, anders weerspreek Ef 2 homself.
Rom 12 is geskryf vir die christen, nie vir die sondaar.
Die vraag is: kan ek my saligheid verloor, of deur sonde of deur my rug op God te draai?
Ek dink nie so nie...die Bybel is duidelik dat ek is verseel deur God se Gees.
1 Pet 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
Verganklik beteken dit kan vergaan. Ek is gebore uit my aardse vader se verganklike saad. Dit gaan verby. Maar ek is wedergebore uit onverganklike saad. Dit kan nie verbygaan nie. Ek kan nie on-wedergebore word nie.
Heb 6:4-6 se dat ek nie twee keer tot bekering kan kom nie, anders kruisig ek Jesus 'n tweede keer en maak Hom openlik tot skande.
Die eerste keer was genoeg. Jesus het die laaste en volkome offer gebring. Daar kan nie nog 'n offer wees nie.
Indien ek sou se dat Heb 6 'n bewys is dat ek my saligheid kan verloor, beteken dit dat die sondaar is beter af as die teruggevallene, want hy kan nog tot bekering kom, maar v4 se dit is onmoontlik vir die geredde om weer tot bekering te vernuwe.
Let op! Ef 4:7 - elkeen is die genade gegee, nie volgens jou werke of prestasie nie, maar volgens die mate van die gawe van Christus.
'n Mens kan nie sy saligheid verdien deur sy werke nie of ook nie sy saligheid behou deur sy werke nie, anders het ons rede om te roem en eendag in die hemel se: ek was goed genoeg om my saligheid te behou.
Joh 5:24 se as jy Hom glo, (HET) jy die ewige lewe, nie sal jy dit eendag kry as jy dit behou nie. Jy het dit of jy het dit nie.
Jy is sy kind, (wedergebore) uit onverkanklike saad of jy is nie sy kind nie.
Rudi,wanneer God se Gees deur my werk, kan ek nie roem nie, want dit is nie my werke nie.
Ek word gered omdat ek my liggaam diensbaar stel, vir Sy werke, want dit is ons redelike Godsdiens.
Dit is uit genade, dat Sy Gees deur my werk, dat ek gered word, dus, werke moet daar wees.
Soos jy sê, as uit geloof in Christus (mate van die gawe waarmee ek verseël is), werke geproduseer word, is my geloof nie dood nie en redding is die gevolge.
Is daar Christenne wat nie sonde het nie? Jesus het juis vir die sondaars gekom.
Heb 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
Heb 6:5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
Heb 6:6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
Heb 6:7 Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.
Heb 6:8 Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding.
Mens kan saligheid verloor volgens Heb. 6 en dit is juis die Gees (onverganklikheid) waarmee een verseël is, wat teen een gaan getuig.
Meeste Christenne beskou die Bybel as geskiedenis, wat die verlede is, m.a.w. nie as die lewende woord, maar as die dooie woord. Hulle wat waarlik met God se Gees verseël is, beskou die Bybel as die lewende woord van die teenwoordige tyd.
Petrus praat met sy mense en daar moet onthou word, dat daar baie verleiers uitgegaan het, dus het alle "Christenne" nie die onverganklike woord ontvang. Dieselfde geld vir Efes. 4 v 7.
Ek stem saam, dat niemand saligheid kan verdien en tog deurdat ek my diensbaar stel tot God, as 'n redelike en welgevallige offer, kan ek guns in die oë van God vind en so ook my heil bewerkstellig. My roem sal dan in Christus wees en nie in myself.
As ons in Hom glo, het ons die ewige lewe ja, maar ons moet die geloof behou, anders behou ons nie die ewige lewe nie. Ons moet dus in die geloof bly en die geloof moet werke hê, anders is die geloof dood en kan net ewige dood beteken.
Wollie, 'n Mens kan nie jou saligheid verdien of behou deur jou werke nie. Anders het jy iets om op te roem.
Heb 6 bewys dit juis dat 'n mens nie twee tot bekering kan kom nie, anders kruisig jy Jesus 'n tweede keer en maak Hom openlik tot skande.
As jy se iemand kan sy saligheid verloor, dan kan hy nie weer tot bekering kom nie en die sondaar is dan egter beter af, want hy het nog 'n geleentheid. Heb 6 is 'n hipotetiese stelling wat probeer se dat jy net eenkeer tot bekering kan kom.
My vraag aan jou is: Hoe word ek weer on-wedergebore. Wat beteken onverganklikheid? Onverganklike saad kan tog nie vergaan nie. Hoe kan ek se: ek het die ewige lewe, maar as ek dit verloor, dan was die lewe wat ek gehad het tog nie ewig nie? (logika)
Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, HET DIE EWIGE LEWE en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 4:14 se Jesus elkee wat drink van die water wat Hy gee, sal IN EWIGHEID NOOIT dors kry nie...dit sal in hom word soos 'n fontein van water wat opspring TOT IN ALLE EWIGHEID.
Joh 6:37 se Hy sal ons nooit uitwerp nie. v39 ...al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie.
Wat van Joh 6:51? ...As iemand van hierdie brood eet, sal hy LEWE TOT IN EWIGHEID...
Wat van Joh 10:27-29...Jesus se hulle sal nooit verlore gaan nie.
As ek my saligheid kan verloor, dan is Jesus 'n leuenaar...
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Rom 8:38, 39...niks kan ons skei van die liefde van God nie.
Fil 1:6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, DIT SAL VOLEINDIG tot op die dag van Jesus Christus;
Ek bly maar by die beloftes van die Woord.
Ek wil vra: watter sonde moet ek doen of hoe ver moet ek gaan om my saligheid te verloor.
Op 21:8 se dat 'n leuenaar het ook sy deel in die poel wat brand met vuur en swawel..
Met ander woorde, gaan ek my saligheid verloor omdat ek 'n leuen vertel?
1 Joh 1:8 se dat geen mens is sonder sonde nie. Ja, dit sluit ware christene ook in.
Dank die Here ek word nie meer veroordeel nie en ja ek moet my liggaam stel 'n as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer...
Al verskil tussen my en 'n sondaar is, ek is geregverdig deur geloof in Jesus Christus. My sondes is vergewe (Hd 26:18) en my hart gereinig deur geloof (Hd 15:9). Die Heilige Gees werk nou in my om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. (Fil 2:13)
Ek is wedergebore uit onverganklike saad, ek is uit God gebore (1 Joh 5:1) en daarom 'n nuwe skepsel, 'n geestelike mens. Hierdie geestelike mens kan nie sterf nie.
My eie kinders is nie eendag my kinders en 'n ander dag nie meer nie. Hulle sal altyd my kinders bly. So is ek 'n kind van God. Nie aan en af nie. Wedergeboorte is uit onverganklike saad.
Om te glo dat ek my saligheid kan verloor, sal ek te veel teksgedeeltes in die Bybel moet verdraai en verander.
Die Bybel in bevestig ewige saligheid.
Heb 5:9 en nadat Hy (Jesus Christus) volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is (die opdrag is om jou te bekeer), 'n bewerker (Outeur) van ewige saligheid geword
Ek hoop jy ontdek hierdie wonderlike Bybelse waarheid. Ek kan waarlik se: EK HET DIE EWIGE SALIGHEID ONTVANG.
Rudi, jy lees duidelik nie wat ek vir jou skryf nie. Ek het nie werke nie. Ek stel my liggaam as 'n dienswillige offer, dat God deur my kan werk en God se werke red my. Ek stem dus saam dat ek nie deur "my" werke gered word nie.
Luk 9:62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
Een wat bekeer, slaan sy hand aan die ploeg sodat God deur een kan werk en tog kan jy om kyk. Dink aan die een wat in 'n soutpilaar verander het. Wat het met Judas gebeur? Natuurlik kan mens bekeer en dan weer later terugkeer na jou ou weë.
Jy reken ek kan bekeer, Sy genade ontvang, met Sy Gees verseël wees tot saligheid en dan kan ek maar ongehoorsaam wees in elke opsig, teenoor God se wil, sonder om my saligheid te verloor omdat Jesus vir my aan die kruis gesterf het. Jy bluf net jouself en die dwases
wat agter jou aan loop.
Terloops, wie van ons is sonder sonde?
Daardie verseëldes waarmee gepraat is, was nie mense wat in ongeloof verval het.
Jy kan glo tot jy blou in die gesig is en as werke nie uit jou geloof sigbaar word nie, bly dit 'n nul op 'n kontrak.
As jy in Jesus Christus glo (Sy liggaam is die gemeente, Kol. 1 v 24, en Hy woon in Sy liggaam), sal jy in die gemeente werksaam
wees. Die werke moet net nie uit jouself wees, maar eder uit die Here.
2Ti 4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
Volgens bogenoemde vers, blyk dit harde werk te wees, om die geloof te behou. Mens moet net nie op jou eie krag staat maak nie.
Christus is die lewe, wat ewig is en as ek nie meer in Christus is nie, is ek nie meer is die lewe, wat ewig is.
As ek in die geloof bly, wat tot werke lei, dan bly ek in die lewe wat ewig is en as ek die geloof nie behou nie, is daar nie meer werke en die lewe wat ewig is, gaan verby.
As ek drink van die water wat Hy gee, sal ek nooit dors en as ek ophou drink, dan sal ek weer dors.
Wanneer ons na Hom toe kom, sal Hy ons nie verwerp nie, maar wanneer ons van Hom af weg loop, sal ons als verloor, wat Hy vir ons gegee het.
As ek ophou om van die brood te eet, dan sal ek strewe.
As ek ophou om na Sy stem te luister, dan is ek niemeer een van Sy skape nie en sal dan die gevolge dra.
Jesus was nog nooit 'n leunaar nie, dit is jy wat lees wat jy wil lees en nie wat daar staan.
Jy het 'n probleem,want jy wag vir Christus Jesus om een dag op die wolke te kom, dus kan jy nie in Hom wees nie en daarom wag jy ook vir die dag oordeel. (Jy het Rom. 8 v 1 gemeld)
God het ons almal lief, maar het ons almal God lief?
Php 2:16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot ‘n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.
Die dag van Christus, vir elke mens, is wanneer ons aardse bestaan tot 'n einde gekom het. LW; daar moet werke wees.
Ek deel aan die beloftes van die woord.
Laserus en die ryk man, was nie baie ver van mekaar af nie. Twee kan saam sit, in 'n oggenddiens. Dit gaan eder oor wat ek nalaat om te doen. Toe ek honger was, dors was, ens. wat het ek nagelaat om te doen.(ai weereens werke)
Daarom sê ek nie vir mense, dat hulle net moet glo en als sal reg kom. Jou geloof moet lewendig wees met aksies wat God se teenwoordigheid weerspeël.
Wat gaan nou aan? Skielik het jy nou ook sonde; skielik het jy nou werke; Dit wil voorkom of jy die heel tyd teen jouself gestry het, anders "you speak with fork toung" soos 'n slang.
Ons is almal God se kinders, maar ons gedra ons nie altyd soos Sy kinders behoort. As jy jou kind 'n diamant wil gee en die kind wil dit nie neem nie, wat kan jy daaromtrent doen?
Jy verdraai reeds die Bybel om mense te laat dink, dat hulle kan lewe soos hulle wil en hulle kan nie hul saligheid verloor nie.
Wat van die wat Hom gehoorsaam was en nou nie meer gehoorsaam is nie? Net 'n dwaas sal dit glo wat jy verkondig.
Wollie, jy lees ook nie wat ek vir jou se nie.
Jy maak saligheid 'n proses en nie 'n eenmalige gebeurtenis nie. Wanneer is ek dan gered? Op watter stadium kan ek se: ek is nou 'n kind van God, ek is wedergebore, ek het die ewige lewe?
Of moet ek wag totdat ek sterf en dan eers uitvind?
Wat gebeur as ek my hele lewe lank die Here dien en net voordat ek sterf doen ek sonde of draai om en kyk terug?
Jy het my nie geantwoord nie? Hoe word ek onwedergebore? Hoe verloor ek die onverganklike saad? Wat beteken onverganklik? Jy het my nie geantwoord nie.
Goeie werke is die vrug van saligheid...Wanneer iemand sonde doen, nadat hy bely het ken die Here, dan fool hy homself. As ek gered word dan is dit God wat in my werk om te doen en te wil na sy welbehae...as ek steeds sonde doen na my redding, dan moet ek my redding bevraagteken. Was ek dan waarlik gered?
Dit beteken nie dat 'n Christen nie sonde kan doen nie...
1 Joh 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
Wanneer 'n Christen wel sonde weer doen, dan kom Heb 12 in werking...God tutig die wat hy liefhet. Of 1 Kor 5
1Kor 5:5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
Luister...die vlees gaan onder, maar sodat die gees gered kan word.
Gal 6:8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Gla 6 se as jy in die vlees saai, sal jy in die VLEES (nie gees) maai. Maw as 'n kind van God in die vlees saai, sal hy dit in die VLEES maai, (nie verderf van die Gees)
So terloops, hoekom neem jy aan dat Judas gered was...hy was nie gered nie.
JEsus se baie duidelik (hoekom verander jy sy woorde)...as jy drink van die water wat Hy jou gee, sal jy in ewigheid NOOIT weer dors kry nie. As jy aanhou wil drink, dan was jou dors nooit geles nie, en jy nooit waarlik gered nie. As jy se ek kan ophou drink en weer dorskry, dan verdraai jy Jesus se woorde.
Die feit dat ek nou moet aanhou om sy water te drink en brood te eet, bring dit terug na 'n saligheid van werke. Jy wil op werke (watookal jy dit wil noem) gered word.
Rom 11:6 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.
Werke kom glad nie in die prentjie nie. Genade is genade. Goeie werke moet die vrug van my bekering wees.
Ek het nerens gese en die Bybel se ook nie jy kan net lewe soos jy wil nie. Jy plaas woorde in my mond.
Ek verkondig 'n evangelie van genade, nie van werke soos jy nie.
Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Jy wil weer vir mense wat klaar gered is (en wat dalk teruggeval het) 'n tweede bekering preek. Dit is jy wat Heb 6:1 oortree.
Gal 5:4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Jy het my nie geantwoord op baie vra wat ek gevra het nie, want jy kan nie. Jy verkondig 'n saligheid van werke.
Ek vertrou op God se genade wat my red...Ek verdien nie sy genade nie en jy ook nie.
Miskien ís jou sinne verblind dat jy nie God se genade kan verstaan nie.
Rom 10:1 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
Rom 10:2 Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.
Rom 10:3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
Paulus se, Israel het baie ywer vir God, maar sonder kennis...
Wat nou? Hulle is dan steeds verlore...want hulle probeer hulle eie geregtigheid oprig.
v4 se Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir ELKEEN WAT GLO.
GLO JY?
Ek hoop jy laat vaar al jou eie pogings en werke en maak staat alleen op God se genade.
Sterkte
Rudi, saligheid is iets om te behou omdat dit kan verlore gaan.
Wedergeboorte is tot 'n nuwe lewenswandel en daar kan weer 'n sterfte plaas vind.
Dit is als soos 'n huwelik en as mens nie daaraan werk nie, kan mens dit kwyt wees.
Ons moet elke dag ons kruis opneem en die Here volg, anders kan ons die pad byster raak en sodoende verlore gaan.
Ons moet die geloof behou, om op die ou end 'n kroon te ontvang.
God sal ons die gees van dwaaling gee as ons, ons rug op Hom draai en so doende is die onverganklike saad nie meer in ons.
Die ewigelewe is aan ons gegee om te behou, dus moet ons nie soos die vyf dwase maagde wees nie.
Al is ons gered, kan nie een van ons sê, dat ons sonder sonde is.
Ons moet ons self ondersoek om te kyk of ons nog in die geloof is en seker te maak dan ons nog in die redding staan.
Wanneer ons van ons sondige vlees verlos word, by ons afsterwe, dan kan ons gees gered word omdat daar nie meer verganklike versoekings is, waarteen ons moet waak. Satan se sterkste wapen is reeds die verganklike.
Ek dink om in die vlees te saai, is om my met die verganklike te besig en om in die gees te saai, is om my met die onverganklike te besig.
As ek my met die verganklike besig, sal ek saam met die verganklike, die verderf be-erwe en met die onverganklike, sal ek gered bly. Ek maai dit wat ek saai.
Judas was saam met Jesus toe Hy aan die oorblywende elf verskyn het, dus neem ek dit nie sommer net aan nie.
Ek verdraai nie Jesus se woorde nie, want as jy 'n fontein van die water in jou het, is jou ore nader aan jou mond as ander se ore en daarom sal jy nooit weer dors. Die water waarna Jesus verwys het, is die ware evangelie.
Wat die werke en genade betref, het ek vir jou mooi verduidelik, dat die werk wat plaas vind, is Sy gees wat deur jou moet werk en dat jy jou moet beskikbaar stel vir Sy werke. As jy dit nie kan verstaan nie, is jy maar baie toe.
Sou jy Rom. 11 v 6 deeglik ondersoek, sal jy sien, dat as die werke nie uit genade is nie, dan is jou werke niksseggend en as genade nie jou werke veroorsaak, dan is dit nie genade nie. Ek dink jy het nie die werklike boodskap daar gesien nie.
Jy laat die indruk dat as mens eenmaal gered is, kan jy lewe soos jy wil.
Ek verkondig 'n evangelie van werke uit genade tot redding.
Die begin is dooie werke omdat dit nie uit genade is nie en wanneer ek toelaat dat die genadegawe waarmee ek verseël is, deur my werk, dan is dit lewende werke. Efese. 4 v 7.
Ek dink nie jy weet wat genade is, in die konteks wat die Bybel dit vir ons gee. Jy dink dit is 'n jammer kry aksie en dan word ons oorgesien. Jy verwar genade met vergifnis.
Aangesien jy nog op Christus wag, het jy nog nie genade nie en is jy ook nog nie vry van die wet nie. Die kennis ontbreek dus tesame met die geregtigheid.
Jou geloof is nog 'n dooie geloof omdat jy nie uit genade, werke het nie.
Post a Comment