Friday, November 28, 2008

Val in die Gees - Bybels of nie

Vandag word “val in die Gees” as die algemene aanduiding van die Gees se teenwoordigheid met krag beskryf en dit word as die bewys gegee dat jy die salwing ontvang het. Is daar skrif in die Bybel vir hierdie ervaring? Of werk God buite die Woord?

“Val in die Gees” was algemeen bekend in die vroeë Amerikaanse Metodisme, veral by kamp byeenkomste en liefdes feeste. Hierdie verskynsel word ook na verwys as “om te val onder die krag van die Gees”, “om te val voor die Here” of “om te rus in die Here”.

Op geleenthede waar handoplegging beoefen word, kom kerklidmate of besoekers na vore op ‘n uitnodiging om ‘n salwing te ontvang. Daar word gebid vir deelnemers en hande opgelê deur die geestelike leier of leiers, waar dan die Heilige Gees oor hulle kom en hulle omval, gewoonlik agteroor. Meeste van die tyd word die val gebreek deur iemand wat hulle vang (catchers), om beserings te voorkom.

Baie Christene wat dit ervaar glo dat hulle genees is of ‘n spesiale seën van God ontvang het. Sommige sê dat hulle ‘n visie ontvang het of God se stem gehoor het.

Toe die Heilige Gees op Jesus neergedaal het soos ‘n duif nadat Johannes Hom gedoop het, het Hy nie in mekaar gesak of omgeval nie. Jesus het krag gehad om selfs die ergste siektes, blindes en verlamdes te genees, en nêrens sal jy vind dat enigiemand van daardie persone wat Jesus aangeraak het, omgeval het nie.

Ons vind dit ook nie by Petrus of Johannes dat hulle mense aangeraak en hulle omgeval het nie. Hulle het nie ander dissipels gevra om agter die mense te gaan staan wanneer hulle mense hande op gelê het, om hulle te vang nie. Ons lees nêrens in die Nuwe Testament waar mense in ‘n ry gaan staan het om die salwing te ontvang nie. Nêrens sien ons die Apostels rond hardloop en mense op die voorkop slaan, of hulle in ‘n lyn laat staan om “om te val” nie.

Geen sagte musiek of repiterende liedere word gesing om ‘n atmosfeer te skep vir die salwing om te val nie. Hulle het nie herhaaldelik uitgeroep, “Vuur!” of “Ontvang” of “Meer, Here!” nie. Waar kom dit alles dan vandaan?

Diegene wat hierdie ervaring voorstaan moet mooi gaan dink oor dit wat hulle aan die Heilige Gees toeskryf. Daar is geen Bybelse voorbeeld vir “val in die Gees” soos ons dit vandag sien gebeur nie.

Kom praat saam!

Monday, June 9, 2008

Ewige Sekuriteit

Daar is twee hoofstrome van denke oor die onderwerp van saligheid. Aan die een kant, “Ewige sekuriteit” en aan die ander kant “Voorwaardelike saligheid”. Of ek is “eenkeer gered, altyd gered”, of ek kan my saligheid verloor deur sonde, of om my rug op God te draai.

Beide groepe maak daarop aanspraak dat hulle sieninge deur die Bybel geleer en ondersteun word. Ons weet egter dat die Bybel nie teenstrydighede kan verkondig nie. Beide groepe kan nie reg wees nie. Een van die twee groepe is verkeerd.

Om uit te vind wat die waarheid is, moet ons vergeet wat mense sê en fokus op dit wat die Bybel sê. Jesus is die Outeur van Saligheid.

Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Joh 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, NOOIT UITWERP NIE.

Joh 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan NIE SAL VERLOOR NIE, maar dit opwek in die laaste dag.

Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal NOOIT VERLORE GAAN tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.


Die Bybel kan homself nie weerspreek nie. Dit is die mens wat die Bybel verkeerd interpreteer. Alle gedeeltes in die Bybel moet harmoniseer met mekaar. Die vraag is: hoe harmoniseer "voorwaardelike saligheid" met die bogenoemde skrifgedeeltes:

KOM ONS PRAAT SAAM!

Saligheid

Saligheid is geloof in JESUS CHRISTUS

Saligheid is om te glo dat Jesus Christus op die kruis met Sy bloed vir jou sondes betaal het.

Joh 3:36 “Hy wat in die Seun GLO, het die ewige lewe…”

Joh 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat IN HOM GLO, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”


Ons is NIE gered deur WERKE nie

Die Bybel is baie duidelik dat ONS WERKE het niks met ons saligheid te doen nie.

Ons ontvang dit nie met ons werke – en ons behou dit nie met ons werke nie!

Tit 3:5 “NIE OP GROND VAN DIE WERKE van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered…”

EF 2:8,9 “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; NIE UIT DIE WERKE NIE, sodat niemand mag roem nie.”

Saligheid is ‘n GENADEGAWE

Saligheid is die genadegawe van God. As ons moes werk om dit te behou – was dit nie ‘n genadegawe nie – en God sou ‘n leuenaar wees!

Rom 6:23 “die GENADEGAWE van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”

Rom 5:18 “…by the righteousness of one THE FREE GIFT came upon all men unto justification of life.” (KJV)

Saligheid is ‘n NUWE GEBOORTE

Saligheid is nie voortduring of ‘n proses nie, maar ‘n gebeurtenis op ‘n spesifieke tydstip. Saligheid is ‘n NUWE GEBOORTE. Net soos jou eerste geboorte op ‘n dag en datum plaasgevind het, so vind die tweede geboorte plaas.

2 Kor 6:2 “Want Hy sê: In die TYD van die welbehae het Ek jou verhoor, en in DIE DAG VAN HEIL het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die TYD van die welbehae; kyk, nou is DIE DAG VAN HEIL..

Joh 3:3 “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie WEER GEBORE word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

1 Pet 1:23 “want julle is WEDERGEBORE nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly."


Jy word ‘n KIND VAN GOD

Jy is wedergebore GEESTELIK – jy word ‘n kind van God.

1 Joh 3:2 “Geliefdes, nou is ons KINDERS VAN GOD…”

Rom 8:15 “Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van AANNEMING TOT KINDERS, deur wie ons roep: Abba, VADER!”


Niks kan ons SKEI van ons Vader nie

Net soos niks jou fisiese geboorte kan kanselleer nie, so kan niks jou geestelike geboorte kanselleer nie.

My kinders sal altyd my kinders wees. Daar mag slegte tye wees. Ons gemeenskap kan verbreek word, maar ons verhouding kan nooit verbreek word nie. Hulle sal altyd my kinders bly. Niks en niemand kan dit verander nie! En wanneer ons geestelike weer gebore is – word God ons Vader – en niks en niemand kan dit verander nie! Jou gemeenskap kan verbreek word, maar jou verhouding kan nooit verbreek word nie!

Rom 8:38,39 “Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ONS SAL KAN SKEI van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”

Joh 10:29 “My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en NIEMAND kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”


Jesus sal ons NOOIT verlaat nie

Jesus belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Jesus kon nie dit sê as daar enigsins ‘n kans was dat ons ons saligheid kon verloor nie.

Heb 13:5 “…want Hy het gesê: EK SAL jou NOOIT BEGEWE en jou NOOIT VERLAAT nie.”

Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle AL DIE DAE tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”

Ons HET reeds die ewige lewe

Wanneer die Bybel sê dat ons die ewige lewe besit, word dit in die teenwoordige tyd gesê – IETS WAT ONS REEDS HET! As ons moet werk of volhard om ons saligheid te behou, kan dit nie waar wees nie.

Joh 3:36 “Hy wat in die Seun glo, HET DIE EWIGE LEWE;…”

1 Joh 5:13 “Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat JULLE DIE EWIGE LEWE HET…”

Joh 5:24 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, HET DIE EWIGE LEWE en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.”

Jesus sal jou NOOIT uitwerp nie

Joh 6:37 “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en EK SAL HOM wat na My toe kom, NOOIT UITWERP NIE.”

Ons is VOLKOME in Jesus Christus

Kol 2:10 “en julle het die VOLHEID IN HOM wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

(KJV) “And ye are COMPLETE IN HIM, which is the head of all principality and power:”

Ons is vir ALTYD VOLMAAK

Ons is “vir altyd volmaak” deur Jesus Christus. Hoe kon die Here so sterk verklaring maak as ons ons saligheid moes verdien of dit behou?

Heb 10:10,14 “Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, NET EEN MAAL…Want deur een offer het Hy VIR ALTYD VOLMAAK die wat geheilig word.

Ons is vir Jesus Christus BEWAAR

Jud 1:1 “Judas, 'n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus BEWAAR is:”

2 Tim 4:18 “And THE LORD shall deliver me from every evil work, and WILL PRESERVE ME unto his heavenly kingdom:…”

Ons word BEWAAR in die krag van God

1 Pet 1:5 “wat IN DIE KRAG VAN GOD BEWAAR word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.”

Jud 1:24 “Aan Hom nou wat magtig is om julle van struikeling TE BEWAAR en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,”

Ons is VOLKOME gered

Heb 7:25 “Daarom kan Hy ook VOLKOME RED die wat deur Hom tot God gaan,”

(KJV) “Wherefore he is able also to save them TO THE UTTERMOST that come unto God by him,…”

Ons is VERSEËL tot die dag van verlossing

Ef 4:30 “En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, DEUR WIE JULLE VERSEËL IS tot die dag van verlossing.”

Ef 1:13 “in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, VERSEËL IS met die Heilige Gees van die belofte,

Wat van iemand wat TERUGVAL?

Wat van iemand wat “terugval” of iemand iemand wat die Here verlaat? Die Bybel sê hy sal skade ly (loon, ens.) – maar hy self sal gered word!

1 Kor 3:11-15 “Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels--elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel HY SELF GERED SAL WORD, maar soos deur vuur heen.”

Ons word deel van die LIGGAAM VAN CHRISTUS

Ef 5:30 “Want ons is LEDE VAN SY LIGGAAM, van sy vlees en van sy bene.”

1 Kor 12:18 “Maar nou het God elkeen van die LEDE IN DIE LIGGAAM gestel soos Hy gewil het.”

Wat gebeur as ons later – NIE GLO NIE?
2 Tim 2:13 “As ons ontrou is, Hy bly getrou; HY KAN HOMSELF NIE VERLOËN NIE.”
(KJV) If we BELIEVE NOT, yet he abideth faithful: HE CANNOT DENY HIMSELF.

Wat gebeur as ek iemand ‘n verskriklike sonde pleeg?

1 Kor 5 vertel van verskriklike sonde in die kerk. Al beveel Paulus dat so ‘n persoon aan Satan oorgelewer word, praat hy steeds van daardie persoon as gered.

1 Kor 5:1,5 “'n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het…om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees GERED KAN WORD in die dag van die Here Jesus.”

Om te sê iemand kan sy saligheid verloor – maak God ‘n LEUENAAR

Met al die BELOFTES van God om jou te VERSEËL, jou te RED, jou te BEWAAR – om enigsins voor te stel dat jy jou saligheid kan verloor – is om God ‘n LEUENAAR te noem!

1 Joh 5:10 “…Hy wat GOD NIE GLO NIE, het Hom tot LEUENAAR gemaak,…”

Hoekom twyfel mense in hul saligheid?

· Hulle maak staat op gevoelens eerder as die Woord van God.

Spr 28:26 “Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas;…”

Hulle is verward oor die eenvoudigheid/opregtheid van saligheid.

2 Kor 11:3 “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van DIE OPREGTHEID teenoor Christus.

· Hulle vertrou eerder op tradisie of kerk leerstellings as die Woord van God.

Mark 7:13 “So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle OORLEWERING wat julle bewaar het;…”

· Hulle vertrou op hulle eie geretighede.

Jes 64:6 “…al ONS GEREGTIGHEDE soos 'n besoedelde kleed;…”

(KJV) “…all OUR RIGHTEOUSNESSES are as filthy rags;…”

· Hulle pas nie Skrif reg toe nie en verstaan dit verkeerd.

Byvoorbeeld Matt 24:13 word op die kerk toegepas, maar volgens die konteks verwys dit na Israel en die groot verdrukking.

Heb 10:26 word verkeerd geïnterpreteer. As jy opsetlik sondig (sonde teen die Heilige Gees) nadat jy die kennis van die waarheid ontvang het (beteken nie hulle was gered nie), bly daar geen offer oor nie (Heb 10:14 – Jesus was die volmaakte, een offer. Daar kan nie ‘n ander offer wees nie. As jy nie hierdie offer aanvaar nie, dan is jy verlore).

· Hulle was nog nooit gered nie.
Matt 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”
KOM PRAAT SAAM!